Geagte Adverteerder In uitdagende tye soos hierdie is dit belangrik om jou advertensie begroting reg te spandeer. WOES Tv het in die Grendel tyd ontstaan met die doel om fondse in te samel vir kunstenaars, maar het dit gou uitgebrei na skole, instansies en sportklubs.
In 3 jaar het WOES Tv gegroei tot een van die gewildste fondsinsameling oplossings, en kon in totaal al meer as R40miljoen help insamel vir kunstenaars, skole, instansies en sportklubs.
Die energieke aanbieder, Jaco van Dyk, neem kykers op ‘n emosionele reis met musiek, legendariese gesels panele, lootjies en veilings! WOES Tv het in 4jaar tot meer as 80 000 volgelinge op sosiale media gegroei en groei nog steeds soos die gewildheid net nog meer toeneem. Tans bereik Woes TV tussen 1 miljoen tot 2 miljoen mense, elke 28 dae op sosiale media. Dit gee jou handelsmerk dus die geleentheid vir fenomenale blootstelling.
Deur op WOES Tv te adverteer ondersteun jy nie net die skool, instansie of sportklub nie, jy gee ook jou handelsmerk aansienlike goeie blootstelling, teen ʼn fraksie van die koste wat hierdie tipe blootstelling gewoonlik beloop. Gedurende die WOES Tv programme verskyn jou handelsmerk saam met top Suid Afrikaanse kunstenaars en Legendes op skerm.
Raak deel van vele bekende handelsmerke wat WOES TV kies as hul een van hul bemarking platforms en gee jou handelsmerk die liefde en blootstelling wat dit verdien.