Harts Projekte

Vision is the window to life’s wonders!

Witness the heartwarming journey of the WOES TV team, alongside Van Eeden & Le Roux Optometrists and Mitsubishi Motors Worcester, as they visit Roodewal Primary School on Friday, 21st July 2023, to provide much-needed glasses to the children. The gratitude and happiness in the eyes of the kids say it all. 

 

Together, they are true legends making a difference in the lives of young ones. Join the movement for healthier vision! 

Ons kuier weer saam met die Neethling gesin – Ons doen dit vir Christiaan Neethling.

Jaco Van Dyk kuier weer ‘n bietjie saam met die Neethling gesin om op te volg oor hoe dit gaan met hulle en klein Christiaan. Baie dankie aan almal wat gister aand so groot deelname aan Woes 120 gehad het waar daar ook fondse ten bate van Christiaan Neetling ingesamel is. Baie dankie aan die Hokkie van Beleef HTS Drostdy wat hulle harte vir klein Christiaan oop gemaak het. Spesiale dank aan Mnr Theo Kriel, Skoolhoof van Worcester-Noord Primêre Skool, Danelle Le Roux, Dr Stefan le Roux en Jaco du Plessis wat onbaatsugtig gehelp het om veilings items saam te stel vir klein Christiaan. Baie dankie JJ le Roux vir die koordinering van alles in ‘n tyd maar jy jou Moeder ook moes afstaan aan die dood. Julle is Legendaries. Die Neethling gesin het nog ‘n lang pad na herstel maar ons stap dit met trots saam met hulle. Baie dankie Anneke Neethling en Ryal Neethling – julle inspireer ons.

 

Ons waardeer jou deelname en moedig jou aan om ‘n donasie te maak: Naam: C Neethling 

Bank: Capitec Bank 

Rekeningnommer: 2116226828 

Dankie dat jy deel is van hierdie inspirerende reis. Deel die video en laat die krag van liefde en gemeenskap die wêreld oor gaan! 

Monique’s Inspiring Journey: Overcoming Cancer with Courage!

Een inspirerende ontmoeting in tye van ongelooflike uitdagings! 
Monique Blench, ‘n moedige en vegtende graad 9-leerder van Hoërskool Montana – Worcester, het die afgelope jaar en drie maande ‘n moeilike pad gestap. Met deursettingsvermoë, onwrikbare gees en ‘n glimlag wat die donkerste wolke kon verdryf, het sy ‘n geveg teen kanker gelei wat ons almal diep geraak het.
Maar nou, terwyl sy haarself met onverbiddelike moed en sterkte opbou, het die verslag teruggekom dat Monique se worsteling nie verby is nie. Dokters het ‘n abnormale klier lank gemonitor, en met hartseer in hul oë, het hulle bevestig dat die gevreesde kanker terug is.
Donasies kan gemaak word aan:
Capitec
Miss MC Blench
Rek nr: 1638205904
Tak kode: 40010
Saam kan ons ongelooflike dinge bereik. Kom ons maak die onmoontlike moontlik, een liefdevolle gebaar op ‘n slag. 

Ons doen dit vir Christiaan Neethling!

Jaco van Dyk doen ‘n onderhoud met Christiaan Neetling se ouers, Anneke en Ryal. Christiaan se storie gryp mense aan en inspireer talle. Daar is nog ‘n moeilike pad vorentoe en finansieel is dit uitdagend.

𝑴𝒂𝒂𝒌 𝒈𝒆𝒓𝒖𝒔 ‘𝒏 𝑫𝒐𝒏𝒂𝒔𝒊𝒆: C Neethling | Capitec Bank | 2116226828

Cariah van Zyl het 2 Kogleêre inplantings ontvang wat baie finansiele druk op die Van Zyl gesin plaas, maar tog stel hulle Cariah se gehoor eerste. 

Help asb om ‘n verskil te maak. #cariah

Ons doen dit vir Cariah – Vervolg – Deel 2

Jaco Van Dyk gesels met Andre Cilliers en Stephan Schutte oor hul deelname vir Cariah. Mnr. Wimpie Blom – Skoolhoof van Primêre Skool Worcester Primary School, gesels oor die inisiatief. Cariah van Zyl het 2 Kogleêre inplantings ontvang wat baie finansiele druk op die Van Zyl gesin plaas, maar tog stel hulle Cariah se gehoor eerste. 

Andrè Cilliers (Primêre Skool Worcester Primary School) en Stephan Schutte (Jaffe’s Ford Worcester) het op 25 Februarie 2023 deelgeneem aan The Karoo Burn. Hulle het fiets gery ten bate van Cariah om te probeer help om die finansiele druk op die Van Zyl gesin te verlig.

Skydive – Monique Blench.

Monique Blench is ‘n jong dogter wat met kanker gediagnoseer was en 3 maal vir haar lewe in die hospitaal moes baklei.


Een van haar wense was om te Skydive. Sy is nou al 7 maande skoon van kanker en dit was tyd om haar droom te bewaarheid.


Spesiale dank aan almal wat betrokke was om hierdie wens te bewaardheid.

𝐖𝐎𝐄𝐒 𝟗𝟑 – 𝐋𝐀𝐍𝐄𝐋𝐋𝐄

Ten bate van peperduur mikrochirurgie wat Lanelle (Valiant Swart se vrou) in Engeland moes ondergaan.

 

Ons is dankbaar dat die operasie n reuse sukses was, en dat WOES kon deel in hierdie proses!