LEGENDES
So kom seisoen 5 tot ń einde vir 2024.
Ons is weer terug in 2025, waar ons nog baie wonderwerk-aande saam gaan beleef, met seisoen 6.
WOES Tv besprekings is nóú oop, vir 2025!
WAT IS LEGENDES
WOES TV het in die Grendel tydperk ontstaan met die doel om kunstenaars te help in ‘n tyd wat optredes voor gehore, wat hul hoof inkomste is, weggeneem was. Vinnig het die nood van skole en ander instansies, wat nie die normale fondsinsamelings kon hou nie, deel van hierdie program geraak waar Woes gedurende die grendel tyd meer as R20 miljoen vir kunstenaars, skole en instansies help insamel het.
Die aanbieder, Jaco van Dyk, neem die kykers op ‘n emosionele reis van musiek, legendariese stories, lootjies en veilings.
Woes TV het na die grendel tyd uitgebrei na lewendige optredes wat vir die kykers die geleentheid gee om die konserte by te woon en ook sodoende hul skool of instansie te ondersteun. Kykers van reg oor die wêreld kan nog steeds saam kyk en deelneem aangesien die konserte regstreeks gestroom word op al Woes TV se sosiale media platvorms. Die Woes TV platvorms is interaktief waar kykers boodskappe kan stuur wat dan op die skerm verskyn.
WAT IS LEGENDES?
Met die aanhoudende suskses wat WOES TV bring. Was daar nog n afdeling gestig: LEGENDES
Waar Jaco van Dyk onderhoude voer met legendes wat ons al deur die jare leer ken het! Daar word nie net gesels oor hulle loopbaan en sukses nie, maar daar word vermaak gebring deur die kunstenaar wat die aand optree!
Die LEGENDES aand het baie vinnig flam gevat, en is nou vinnige besig om soos n velbrand te versprei onder skole en instansies as die keuse vir hulle fondsinsameling.
Woes TV se sosiale media platvorms, met meer as 56 000 volgelinge en bereik van meer as 2 miljoen mense elke 28 dae, is nie net gewild vir fondse insamel nie, maar ook vir adverteerders wat in hul beurt sodoende skole en instansies help om hul Woes / Aand van die Legendes programme te laat realiseer.
Woes is tans die gewildste aanlyn fondsinsamelings platvorms en die eerste fondsinsameling keuse vir baie skole. Dit is vir Jaco van Dyk die grootste voorreg om sy passie te kan uitleef en ook met soveel skole en instansies te kan saam werk om hul fonds insamelings suksesvol te maak.
Na meer as 150 Episodes, klop almal se harte nog sterk wanneer ons die “countdown” hoor aan die begin van elke WOES-episode.
Kontak ons vir jou fondsinsameling! Besprekings is NOU oop vir 2023!