WOES

Sit 'n WOES in jou jaar!

So kom seisoen 4 tot ń einde vir 2023.
Ons is weer terug in 2024, waar ons nog baie wonderwerk-aande saam gaan beleef, met seisoen 5.

WOES Tv besprekings is nóú oop, vir 2024!

WAT IS WOES?

WOES TV het in die Grendel tydperk ontstaan met die doel om kunstenaars te help in ‘n tyd wat optredes voor gehore, wat hul hoof inkomste is, weggeneem was. Vinnig het die nood van skole en ander instansies, wat nie die normale fondsinsamelings kon hou nie, deel van hierdie program geraak waar Woes gedurende die grendel tyd meer as R20 miljoen vir kunstenaars, skole en instansies help insamel het.


Die aanbieder, Jaco van Dyk, neem die kykers op ‘n emosionele reis van musiek, legendariese stories, lootjies en veilings.

Woes TV het na die grendel tyd uitgebrei na lewendige optredes wat vir die kykers die geleentheid gee om die konserte by te woon en ook sodoende hul skool of instansie te ondersteun. Kykers van reg oor die wêreld kan nog steeds saam kyk en deelneem aangesien die konserte regstreeks gestroom word op al Woes TV se sosiale media platvorms. Die Woes TV platvorms is interaktief waar kykers boodskappe kan stuur wat dan op die skerm verskyn.

WAT IS WOES?

WOES TV se sosiale media platvorms, met meer as 56 000 volgelinge en bereik van meer as 2 miljoen mense elke 28 dae, is nie net gewild vir fondse insamel nie, maar ook vir adverteerders wat in hul beurt sodoende skole en instansies help om hul WOES program te laat realiseer.

 

Woes is tans die gewildste aanlyn fondsinsamelings platvorms en die eerste fondsinsameling keuse vir baie skole. Dit is vir Jaco van Dyk die grootste voorreg om sy passie te kan uitleef en ook met soveel skole en instansies te kan saam werk om hul fonds insamelings suksesvol te maak.
Na meer as 150 Episodes, klop almal se harte nog sterk wanneer ons die “countdown” hoor aan die begin van elke WOES-episode.
Kontak ons vir jou fondsinsameling! Besprekings is NOU oop vir 2023!

Wil jy adverteer op WOES?

BESPREEK JOU WOES!

MEER VAN WOES TV!

WOES Motiveering

Hoe hanteer ons mense wat saam met ons leef, werk of dien?

Hanteer altyd mense soos jy hanteer wil word.

Respek word verdien – nie afgedwing nie.

🎼 APPEL – Hier sal jy Boer

𝐒𝐓Y𝐆 𝐁𝐎 𝐉𝐎𝐔 𝐔𝐈𝐓𝐃𝐀𝐆𝐈𝐍𝐆𝐒 𝐔𝐈𝐓

Ons is geneig om te swig voor ons uitdagings – tyd om ons koppe op te tel en dit aan te pak.

Moet dat niks jou onder kry nie.

Klein Monique Blench is so groot voorbeeld vir ons.

Jy kan nie die mense om jou verander nie – jy kan wel die mense om jou verander…

Leef jou drome uit.

Kampvuur Stories met WOES

episode 1

𝙆𝙖𝙢𝙥𝙫𝙪𝙪𝙧 𝙎𝙩𝙤𝙧𝙞𝙚𝙨 𝙢𝙚𝙩 𝙒𝙤𝙚𝙨

In die eerste episode vertel Human du Toit vir Jaco van Dyk meer van volstruise. Danelle le Roux sing vir die eerste keer voor ‘n gehoor.

Kom kuier lekker saam om die Kampvuur.

episode 2

𝙆𝙖𝙢𝙥𝙫𝙪𝙪𝙧 𝙎𝙩𝙤𝙧𝙞𝙚𝙨 𝙢𝙚𝙩 𝙒𝙤𝙚𝙨

Human Du Toit vertel vir Jaco Van Dyk dat dit erger kon wees en Gian Groen kom deel sy storie oor Covid en ‘n nuwe lied.

episode 3

𝐊𝐚𝐦𝐩𝐯𝐮𝐮𝐫 𝐒𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞𝐬 𝐦𝐞𝐭 𝐖𝐨𝐞𝐬

Jaco Van Dyk het so bietjie by Anton Goosen Liedjieboer gaan kuier en gehoor hoe jy van die oggend tot die aand kan kerk hou.

Gian Groen sing sy beminde Vier Seisoene Kind.

episode 4

𝙆𝙖𝙢𝙥𝙫𝙪𝙪𝙧 𝙎𝙩𝙤𝙧𝙞𝙚𝙨 𝙢𝙚𝙩 𝙒𝙤𝙚𝙨

Human Du Toit vertel vir Jaco Van Dyk hoe die jong manne deesdae aanlê en Danelle le Roux het vir ons kom sing.

Dankie aan ons voertuig vennoot!

Ondersteun hulle gerus vir die beste diens, en beste pryse!