woes 2026, seisoen 7
MEER OOR PAKKETTE, OPSIES EN EKSTRAS
Maak Jou Fondsinsameling 'n Sukses Met Woes TV
Woes TV is ‘n toonaangewende aanlyn uitsaaiplatform met jare se ervaring in hoëgehalte lewendige uitsendings. Ons bied nie net tegniese kundigheid nie, maar ook waardevolle advies om jou fondsinsameling te maksimeer.
Met ons advertensieplatform kan jy direk inkomste genereer deur advertensies, van handelsmerk spasie tot video-advertensies, te verkoop. Dit help om alle uitgawes te dek en sodoende die maksimum opbrengs vir jou fondsinsameling te behaal. Hierdie is ‘n deurbraak opsie wat Woes TV aan die kliënt verskaf.
Kies Woes TV as jou vennoot – ons kombineer tegniese uitnemendheid met strategiese ondersteuning om jou fondsinsameling ‘n groot sukses te maak.
ONS BIED TWEE UNIEKE OPSIES OM JOU GELEENTHEID ONVERGEETLIK TE MAAK:
OPSIE 1: WOES TV KONSERT
- ‘n Aand van musiek met ‘n opkomende kunstenaar en ‘n hoofkunstenaar.
- Die aand sluit ‘n opwindende veiling in, waar Jaco van Dyk, ons ervare aanbieder en afslaer, jou op ‘n emosionele reis neem wat jou gehoorgeïnspireerd en vermaak sal laat.
OPSIE 2: LEGENDES PROGRAM
- ‘n Besonderse paneelbespreking met Jaco van Dyk as aanbieder en drie legendariese gaste.
- Die aand word afgerond met musiek deur ‘n opkomende of gevestigdekunstenaar, tesame met ‘n onvergeetlike veiling, waar Jaco se unieke energie en charisma die toon aangee vir sukses.
Let wel: Die koste van die kunstenaars en legendes is vir die kliënt se rekening.
Met Woes TV kry jy meer as net 'n geleentheid – jy kry 'n ervaring wat joufondsinsameling uitsonderlik maak. Kies Woes TV om jou visie te verwesenlik enjou projek na die volgende vlak te neem!
KIES DIE PAKKET WAT DIE BESTE BY JOU FONDSINSAMELING PAS:
Woes TV bied ‘n verskeidenheid pakkette wat jou fondsinsameling op ‘n unieke manier kan ondersteun. Of jy nou ‘n klein intieme geleentheid of ‘n groter, meer dinamiese geleentheid beplan, ons het die regte pakket vir jou. Elke pakket is ontwerp om aan jou spesifieke behoeftes en begroting te voldoen, en ons help jou om die ideale opsie te kies wat die grootste impak sal hê. Met Woes TV is jy verseker van ‘n professionele en suksesvolle fondsinsamelings ervaring.
Opsie 1
Program met stroming
WAT WORD INGESLUIT?
- Aanbieder & Afslaer: Jaco van Dyk
- GRAFIESE ONTWERPE
1. Advertensies
2. Veilingsitems op skerm
3. Veilingsboekie
4. Tafelnommers
5. “Lower Thirds” van adverteerders - PREMIUM SIGBAARHEID met ons advertensieplatform (Klient verkoop advertensies self)
- Videohoogtepunte op Woes TV vir groter blootstelling
- 1 x Generiese video-advertensie vir sosiale media
KLANK & BELIGTING
Topgehalte klank en beligting is noodsaaklik vir die stroom. Ons beveel die span aan wat gereeld met Woes TV werk en aan alle produksie- en tegniese vereistes voldoen –perfek vir geleenthede tot en met 500 mense.
KAMERAS & BEELD
‘n Lewendige stroom vereis beeldkwaliteit van die hoogstestandaard. Ons beveel sterk aan om die ervare span te gebruik wat saam met Woes TV werk. Hulle verseker professionele kamera-werk en foutlose produksie, wat joufondsinsamelings geleentheid uitsonderlik en kykwaardig maak.
Opsie 2
Program SONDER stroming
WAT WORD INGESLUIT?
- Aanbieder & Afslaer: Jaco van Dyk
- GRAFIESE ONTWERPE
1. Advertensies
2. Veilingsitems op skerm
3. Veilingsboekie
4. Tafelnommers
5. “Lower Thirds” van adverteerders - PREMIUM SIGBAARHEID met ons advertensieplatform (Klient verkoop advertensies self)
- Videohoogtepunte op Woes TV vir groter blootstelling
- 1 x Generiese video-advertensie vir sosiale media
KLANK & BELIGTING
Topgehalte klank en beligting is noodsaaklik vir die stroom. Ons beveel die span aan wat gereeld met Woes TV werk en aan alle produksie- en tegniese vereistes voldoen –
perfek vir geleenthede tot 500 mense.
KAMERAS & BEELD
Alhoewel ‘n lewendige stroom nie betrokke is nie, is dit steeds van kardinale belang om beeldkwaliteit van die hoogste standaard te verseker. Ons beveel aan om dieselfde ervare span wat saam met Woes TV werk, in te skakel. Hulle sorg vir professionele kamera-werk en foutlose produksie, sodat die beeld van jou geleentheid, wat op twee skerms binnedie vertrek vertoon word, van uitmuntende gehalte is. Dit skep ‘n onvergeetlike atmosfeer en verhoog die algehele ervaring vir jou gaste.
Opsie 3
Program met klank en beligting
WAT WORD INGESLUIT?
- Aanbieder & Afslaer: Jaco van Dyk
- GRAFIESE ONTWERPE
1. Advertensies
2. Veilingsitems op skerm
3. Veilingsboekie
4. Tafelnommers
(2x Skerms is nie by die opsie ingesluit nie)
KLANK & BELIGTING
Topgehalte klank en beligting is noodsaaklik vir die stroom. Ons beveel die span aan wat gereeld met Woes TV werk en aan alle produksie- en tegniese vereistes voldoen –perfek vir geleenthede tot en met 500 mense.
Jaco van Dyk: Die perfekte aand, die regte energie
Opsie 4
- AANBIEDER / PANEEL BESPREKING / AFSLAER
Opsie 5
- SLEGS AANBIEDER – JACO VAN DYK (MC)
(Let wel: Geen veilingsitems sal met die opsie hanteer word nie)
Uitgesluit by alle program keuses:
Alle drukwerk, Backline / Techrider van kunstenaar(s), Kunstenaar / Legendes fooie, Verblyf Kostes, Maaltye, Reis Kostes en Vaste Internetlyn
EKSTRAS
- Promosie video – 5 min “Onsite Shoot – One site”
- Ekstra video advertensie – Generies
- Ekstra video advertensie 1 min – “Onsite Shoot – One site”
- Promosie pakket – Al drie opsies soos hierbo
- Vaste internetlyn
Uitgesluit by alle program keuses:
Alle drukwerk, Backline / Techrider van kunstenaar(s), Kunstenaar / Lengendes fooie, Verblyf Kostes, Maaltye, Reis Kostes en Vaste Internetlyn

