Die WOES jaar het afgeskop met ‘n spesiale konsert ten bate van Lanelle! Lanelle, Valiant Swart se vrou, is gediagnoseer met Limfedeem waarvoor sy n peperduur mikrochirurgie moet ondergaan. Die media het gegons, dit het geloop van Maroela Media tot n E-nuus opname!
Rocker veil kitare, memorabilia op vir siek vrou
Die konsert was gehou by die Blue Crane Restaurant in Pretoria. Met kunstenaars soos die legendariese Liedjieboer Anton Goosen, Valiant Swart en Gian Groen, het ons die dak gelig! Met veiling items soos ‘n rooi wyn skildery, kitare en lirieke het die kykers hulle harte oop gemaak vir n goeie doel.








MAAR, dit was nie al nie!
Hoekom slegs een konsert hou? Hoekom het net een legendariese aand op die verhoog plaas? Die Kaap het gevra, en natuurlik het WOES hulle geantwoord!
Ons kom Kaap toe! #WOES94 ten bate van Lanelle, regstreeks uit die Daisy Jones Bar net buite Stellenbosch.
Valiant het n paar oproepe gemaak, niemand wou hierdie goed-voel aand mis nie. Met geen twyfel, het die kunstenaars gese: “Valiant, eks daar!”. Dit was n ‘ROCK & ROLL’ aand met kunstenaars soos Anton Goosen, Lise Swart, Gian Groen, Akkedis Band, Springbok Nude Girls, Francios van Coke, Valiant Swart en Karen Zoid!
Die konsert was in n rekord tyd vn 24 uur, uitverkoop!
Weens die GROOT aanvraag op #konsert2. Was daar 30 staan kaartjies beskikbaar gemaak, en het behoorlik gevlieg. WOES kon nie vir n beter aand vra nie.
Die twee konserte het nie net die WOES-manne se hartsnare geraak nie. Maar duisende mense reg oor die wereld. Ons wens vir Valiant en Lanelle alle voorspoed toe met die berg wat hulle besig is om te klim. Dankie, dat WOES kon deel wees, van hierdie hartroerend goeie doel!






WOES se graag dankie aan ons getroude borg, Hyundai Worcester. Hyundai Worcester sorg altyd da tons veilig by ons bestemming aankom, asook die WOES kunstenaars. Baie dankie aan Hyundai Worcester wat so mooi gekyk het na Appel, toe hy in die Kaap kom kuier het.
Moenie stres nie, dit is wel Hyundai WORCESTER, maar hulle lewer REG OOR SUID-AFRIKA AF! Dis nou diens, op sy beste!
Kontak gerus vir JP Joubert vir verseker die beste diens – 083 973 7296

WOES PRODUKSIES was ook besig sommer vroeg in Maart!
Woes Produksies was met trots betrokke met die stroming van die Eerste Jaars Konsert van die NWU-Pukke. Dit was nou twee aande van kreatiwiteit.


&
Ons was ook betrokke by die jaarlikse SANPO Toekennings Aand. Dit was die heel eerste digitale strooming!

Hammie kan hardloop!
Welgedaan Hammie, hy het so goed gehardloop hy kon kwalifiseer vir die Comrades. Jy hou WOES se naam hoog ou maat!

Wat le voor vir Maart maand?
Ons hou weer FEES, 18-20 Maart, by die Lekwena Wilds Reservaat net buite Potchefstroom.
In samewerking met Verseker en ons kaartjie-vernoot Tixsa, bring ons vir julle die Verseker Geesfees 2022! Met n naweek propvol vermaak, sal jy kunstenaars te siene kry soos Adam Tas, Ricus Nel, Willem van der Ryst, Ichnus, Jay & Lianie May, Irene-Louise van Wyk, Corlea Botha, Jannie Moolman en Ruhan du Toit.
Terwyl jy so na die kunstenaars luister is daar baie om te doen: Wildsritte, Boeresport, Baarkompetisie, Produkstalletjies, Kosstalletjies, Wynproe en vele vele meer!
Soek jy nog n kaartjie? Kry dit NOU: https://bit.ly/3rpgzIx

&
#WOES96 kuier by die Voetspoortjies Kleuterskool in Pretoria, saam met Rooksein!
Hou n oogieRooksein | WOES TV | Voetspoortjies Kleuterskool
𝐃𝐎𝐍𝐃𝐄𝐑𝐃𝐀𝐆 | 𝟐𝟒 𝐌𝐀𝐀𝐑𝐓 | 𝟏𝟖:𝟑𝟎 [𝗞𝗟𝗜𝗞 𝗛𝗜𝗘𝗥] – 👉 https://youtu.be/G3WFXg47SN0 – 𝗲𝗻 𝗸𝘆𝗸 𝗱𝗶𝘁 𝗥𝗘𝗚𝗦𝗧𝗥𝗘𝗘𝗞𝗦 & 𝗚𝗥𝗔𝗧𝗜𝗦 𝗼𝗽 #YouTube.
[𝗞𝗟𝗜𝗞 𝗛𝗜𝗘𝗥] – https://bit.ly/3tj3UaT – 𝗲𝗻 𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀𝘁𝗲𝘂𝗻 𝗱𝗶𝗲 #Voetspoortjies 𝗱𝗲𝘂𝗿 𝗷𝗼𝘂 𝗥𝟭𝟬𝟬 𝗟𝗼𝗼𝘁𝗷𝗶𝗲 𝗞𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲 𝘁𝗲 𝗸𝗼𝗼𝗽 𝗼𝗳 𝗺𝗮𝗮𝗸 ‘𝗻 #Donasie 𝘃𝗮𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗸𝗲𝘂𝘀𝗲.