Halo WOES kyker,

Dankie vir almal se ondersteuning met die afskop van Woes Tv se AAND VAN LEGENDES, op 19 Mei 2022. Die aand was ‘n groot sukses met Adam Tas as gaskunstenaar en die rugby Legendes; Kobus Wiese, Marius Hurter, De Wet Barry, Marius Joubert en natuurlik Colin Chavis wat almal verras het met ‘n inskakeling vanuit New Zeeland. Die manne, saam met ons aanbieder Jaco van Dyk, het gesorg vir lekker lag ook.

Ons het ‘n groot vriend verloor op 16 Mei. Ons dink aan sy naastes en familie. Aleit was ‘n besonderse mens wie se glimlag diep in almal se harte gekruip het. Rus in vrede vriend.

Vrydag aand was ons Natuurlik by HTS Drostdy in Worcester, met hul AAND VAN LEGENDES. Jaco van Dyk het gesels met Krieket Legende Fanie de Villiers en Willem van der Ryst het ons kom vermaak met sy lekker musiek. Ons se dankie aan al die WOES kykers wat elke program lekker maak! Ons doen hierdie, vir julle!

As julle Vrydag aand se program gemis het, kyk gerus uit vir hierdie Vrydag aand se program by Laerskool Durbanville. Daar is groot items op die Veiling Lys, en lekker lootjies om te wen deur n lootjie te koop vir slegs R100:

🎟️ – https://bit.ly/3a0sWWf

Gian Groen gaan ons kom vermaak met sy lekker musiek! Ons hoop om jou daar te sien!

Groete, die WOES TV span!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *